Mani pulite | |
---|---|
Die voormalige Eerste minister Bettino Craxi word begroet met 'n salvo muntstukke as teken van protesteerders se walging. | |
Land: | Italië |
Sedert: | 17 Februarie 1992 |
Regters: | Antonio Di Pietro Gherardo Colombo Piercamillo Davigo |
Mani pulite (Italiaanse fonetiese uitspraak: ˈmaːni puˈliːte, Italiaans vir "skoon hande") was 'n landswye regterlike ondersoek na politiese korrupsie in Italië wat in die 1990's gehou is. Dit het tot die ondergang van die sogenaamde "Eerste Republiek" en die verdwyning van verskeie politieke partye gelei. Sommige politici en industriële leiers het selfmoord gepleeg nadat hul misdrywe blootgestel is. Antonio Di Pietro was die belangrikste regterlike figuur in die ondersoek.
Ingevolge sommige verslae was soveel as 5 000 openbare figure onder verdenking. Op een stadium was meer as die helfte van die lede van die Italiaanse parlement onder beskuldiging, terwyl meer as 400 stads- en dorpsrade ontbind is as gevolg van korrupsieklagtes. Die geskatte waarde van die omkoopgeld wat in die 1980's betaal is deur Italiaanse en buitelandse maatskappye wat vir groot regeringskontrakte gebie het, het soveel as 4 miljard Amerikaanse dollar (6.5 miljard lira) beloop.[1]
Die korrupte stelsel wat deur die ondersoek blootgelê is, is verwys na as Tangentopoli (Italiaanse uitspraak: tandʒenˈtɔːpoli).[2] The begrip het sy oorsprong in die Italiaanse woord tangente, wat 'omkoop' beteken, en in die konteks verwys dit na omkope (in diè konteks in Engels bekend as 'kickbacks') wat gegee is vir openbare werke kontrakte,[1] en die Griekse woord polis bedoelende 'stad';[3] dit word dus soms vertaal in Engels as "Bribesville" of "Kickback City".
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search